Spaghetti met hoenderfrikkadelle

789

4 porsies

BESTANDDELE

FRIKKADELLE
500 g hoendermaalvleis
1 groot eier
125 ml broodkrummels
5 ml sout
2,5 ml varsgemaalde swartpeper
125 ml fyngekapte vars pietersielie
10 ml fyngekapte vars tiemie
10 ml fyngekapte vars salie
10 ml fyngekapte vars roosmaryn

PASTASOUS
45 ml kanola-olie
3 knoffelhuisies, fyngekap
1 x 410 g-blik gekapte tamaties
5 ml sout
80 ml fyngekapte vars pietersielie
80 ml fyngekapte vars basilie
30 ml bruinsuiker

METODE

1 Meng al die bestanddele vir die frikkadelle goed saam en vorm vleisballetjies van ongeveer 5 cm in deursnee.
2 Verhit die olie in ’n swaarboompan en braai die frikkadelle tot bruin. Skep uit en hou eenkant.
3 PASTASOUS: Soteer die knoffel vir 1 minuut in die olie en voeg die tamaties by. Verhit tot kookpunt en laat dit vir 2 minute kook.
4 Voeg die sout, pietersielie, basilie en suiker by en laat prut vir 5 minute.
5 Skep die frikkadelle terug in die sous en roer deur. Laat prut vir nog 15 minute en dien op saam met spaghetti.