Spanspek-en-kaasslaai

0
467
spanspek_slaai.jpg

Somer is braaityd in Suid-Afrika, en alhoewel ons weet braaibroodjies is altyd ’n wenner, is hierdie Spanspek-en-kaasslaai ’n smullekker verandering van jou gemaksone.

Genoeg vir 6
Tyd: 15 minute

BESTANDDELE
½ spanspek, geskil, ontpit en in 6 wiggies gesny
½ winterspanspek, geskil, ontpit en in 6 wiggies gesny
150 g sagte bokmelk- of enige ander sagte kaas, soos feta
1 klein rooi-ui, gekap
100 g geroosterde, geskilde haselneute, gehalveer
’n hand vol bronkorstakkies

METODE
1 Verdeel die spanspekwiggies in 6 opdienbakke, 2 per porsie.
2 Sprinkel die kaas eweredig oor die spanspek, gevolg deur die uie, haselneute en bronkors.
3 Druip ’n bietjie van die somerslaaisous oor elke porsie en sit voor.

Somerslaaisous

BESTANDDELE
125 ml olyf- of avokado-olie
45 ml wit wynasyn
die skil en sap van 1 lemoen en 2 lemmetjies
2 knoffelhuisies, fyngemaak
15 ml heuning
5 ml heelkorrelmosterd
1 brandrissie (opsioneel), ontpit en fyngekap

METODE
1. Meng al die bestanddele goed saam.
2. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.

Resep & Stilering: Vicky de Beer, bygestaan deur Margie Els-Burger.
Fotograaf: Roelene Prinsloo & ACP Syndication
Met komplimente van Your Family.