Spanwerk, die sleutel tot sukses!

Spanwerk was nog altyd ’n onweglaatbare komponent van my menswees.

Vanaf my skooldae, regdeur my professionele sportloopbaan en selfs vandag in my besigheid ag ek spanwerk baie hoog. Dit is ’n beginsel wat ek vanuit die Woord geneem het en my eie gemaak het, een mens jaag ’n 1000 op die vlug, maar twee tienduisende!

Gedurende die periode 2009 – 2013 het die Cape Cobras die mees suksesvolste era nog in die geskiendenis van Suid Afrikaanse krieket beleef, met die meeste trofees oor ‘n vier jaar termyn.

Die sleutel tot die sukses van die groep was, die absolute eerlikheid van die spelers onder mekaar gekombineer met die sterk leierskap van die senior spelers in hul onderskeie gebiede. Hulle het geweet, as een man laat sou kom vir oefening of nie na homself sou kyk nie, hy die hele span se harde werk op die prys sou stel. Daar was dissipline van elke man. Elke speler het geweet dat sy toewyding of gebrek daaraan, die mate van sukses van die hele span sou beïnvloed.

Dit was een van daardie rare gevalle waar ons, as seniors, nie die ander spanlede toegelaat het om ons harde werk verlore te laat gaan deur wangedrag of ’n tekort aan dissipline en werksetiek nie. Die rede daarvoor was dat ons lewens en drome afgehang het van elke man in die span om sy kant te bring.

Die lesse wat vanuit die seisoene geleer was, was groot. Spanwerk is noodsaaklik vir effektiwitweit en eksponeniële groei. As jy wil verdubbel in effektiwiteit, doen die werk op jou eie, as jy eksponensieel wil vermenigvuldig, kry vir jou ’n goeie span bymekaar.

In kort:

Modelleer: Ken jou model, raak goed in wat jy doen, sodat jy ander kan oplei en onderrig.

Mentor: Stel die voorbeeld en laat iemand kyk. Leer, begin deur te kyk. Maak seker dat die persoon wat jy oplei gewillig is om te leer.

Monitor: Laat die persoon wat jy oplei dit doen sonder jou insette.

Vermenigvuldig: Die suksesvol opgeleide persoon, lei nog ’n persoon op, onder jou wakende oog. So geskied die proses van vermenigvuldiging.

Vorige artikelGroot stede se effek op velgesondheid
Volgende artikelTrappe van vergelyking
Blogger - Johann Louw
“Ek is 'n entoesiastiese mens wat groot droom en hard werk om die drome te verwesenlik. Ek probeer so ver moontlik glo soos 'n kind en nie te tegnies raak oor dinge wat dalk moeilik is om te begryp nie. Tog is ek dankbaar deur my ervaring as professionele krieket speler wat wereld wyd kon speel vir 15 jaar om geseën te wees met die gawe van onderskeid (decernment). Ek is tans besig met drie projekte, een is infrastruktuur ontwikkeling vir 'n Oostenrykse maatskappy waarmee ek glo ons 'n groot verskil in die Suid Afrikaanse ekonomie kan maak veral in die Klein tot Medium grote besigheids sektor. Ek en 'n vriend is ook die eienaars van 'n tegnologiese gedrewe besigheid genaamd snappistore.com. Dan is ek baie passievol om 'n verskil te maak en die Here het op my hart gele om deur my kontakte wat ek met die sport gemaak het uit te reik om in Suid Afrika hoop te gee en dit het die gedagte #we_r_thechange na vore gebring.