Spinasie-en-feta-quiche

0
1381
quiche

Lewer 8 porsies.

Tertdop

BESTANDDELE:

1⅔ k koekmeel
125 g ongesoute, yskoue botter
1 eiergeel
2 e yswater

METODE:

1. Stel die oond op 180 °C en smeer ’n losboomtertpan.
2. Plaas die meel en botter in ’n voedselverwerker en pols tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die eiergeel en yswater by en verwerk tot die mengsel ’n bal vorm.
3. Druk in ’n skyf, bedek met kleefplastiek en hou in die yskas vir 30 minute.
4. Rol die deeg ongeveer 5 mm dik uit tussen 2 velle bakpapier, voer die tertpan daarmee uit en prik die boom. Verkoel vir 30 minute.
5. Bak die kors blind vir 15 tot 20 minute.

Vulsel

BESTANDDELE:

2 k gekapte spinasie
½ k fyngekapte platblaarpietersielie
2 sprietuie, fyngekap
100 g fetakaas
5–6 eiers
½ k melk
sout en peper

METODE:

1. Rangskik die spinasie, pietersielie en ui in die tertdop en krummel die kaas bo-oor.
2. Klits die eiers, melk en sout (pasop vir te veel as die kaas baie sout is) en peper saam in ’n mengbak en giet versigtig oor. Bak 20–30 minute.