spinasie, tamatie en ricotta eiergebak

0
13

30 ml olie
1 ui, gekap
300 g kersietamaties
200 g babaspinasie
125 ml basilieblare, geskeur in kleiner stukke
100 g ricottakaas
6 eiers, geklits en gegeur met sout en peper

Voorverhit die oond tot 180ºC en spuit ’n oondbak met foelie en kleefwerende kossproei. Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot sag. Voeg die tamaties by en braai tot die skilletjies begin bars. Voeg die spinasieblare en basilieblare by en braai vir een minuut. Verwyder van die hitte en versprei in die oondbak. Krummel die ricottakaas oor die spinasie- en tamatiemengsel. Gooi die eiermengsel oor en bak in die oond vir 20-25 minute tot gaar. Sny in blokke en bedien op ekstra spinasieblare.

Bedien 6.

1 112 kJ per porsie