Spog met ’n sexy middel

0
7
heupe_oefening.jpg

As jy ’n sterk middellyf het, is jou hele lyf sterker. Jou heupe en rug geniet meer ondersteuning danksy sterk maagspiere, en jy kan makliker beweeg en alledaagse take afhandel. Boonop lyk ’n gevormde magie ook fantasties in ’n swembroek. As jy moeg is vir ’n maag wat pap oor jou broek hang, is hierdie oefening ideaal vir jou. Dis maklik en vinnig, en versterk jou middel, rug en heupe. Jy kan dit sommer in die oggend doen voor jy aantrek vir werk.

1. As jy die oefening op ’n sagte oppervlak soos ’n bed doen, werk dit beter, want jou maag- en rugspiere moet soveel harder werk om jou bolyf te stabiliseer. Doen dit op jou bed soggens of saans, of wanneer jy voor die TV of langs die swembad ontspan.

linda kriel oefeninge

2. Lê op jou linkersy en hou jou bolyf regop deur op jou linkerelmboog te rus. Hou jou regterhand voor jou op die grond om jou te stut. Maak jou bene reguit, met jou regtervoet wat op jou linkervoet rus. Jou liggaam moet in ’n reguit lyn wees.

linda kriel oefeninge

3. Trek jou maag in en lig nou jou linkerheup op sodat jou linkerelmboog en linkervoet as stut dien. Jou regterhand rus op jou regterheup. Bly in dié posisie: beginners vir 15 sekondes; middelvlak vir 40 sekondes en gevorderde vlak vir 60 sekondes. Rus ’n paar sekondes en herhaal aan die ander kant.

linda kriel oefeninge