Spog-sjokoladekoekies

0
300
sjokolade_koekies.png

Hierdie dekadente sjokolade resepte is presies wat jy nodig het om jou manlief oor Valentynsdag te bederf. Hy gaan beslis uit jou hand uit eet …

Genoeg vir 20
Tyd: 40 minute

BESTANDDELE:

240 g koekmeel
180 ml kakao
5 ml bakpoeier
2,5 ml sout
200g botter, versag
130 g suiker
150 g bruinsuiker
5 ml vanielje-ekstrak
2 groot eiers
200 donkersjokolade, in growwe stukke gekap

METODE:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C en voer twee bakplate met bakpapier uit.
  2. Meng die meel, kakao, bakpoeier en sout saam in ’n groot bak.
  3. Gebruik ’n elektriese klitser en meng die botter, suiker, bruinsuiker en vanielje saam in ’n mengbak tot lig en romerig. Voeg die eiers by en klits tot goed gekombineer.
  4. Voeg die droë bestanddele geleidelik by die bottermengsel en roer dan die sjokoladestukke daarby in. Skep eetlepels vol van die beslag op die voorbereide bakplate.
  5. Bak vir 10 minute of totdat die koekies gepof maar sag in die middel is. Haal uit die oond en laat op ’n draadrak afkoel.

 

Met komplimente van Food & Home Entertainment en Your Family