Spog weer ’n slag

0
143
da_gama.jpg

Wanneer laas het jy jouself met ’n nuwe tafeldoek bederf? Dis dalk nog winter, maar hoekom kry jy nie iets om jou te inspireer om weer te begin onthaal nie?

Jy sal verbaas wees hoe lekker jou etes kan smaak wanneer jy ’n nuwe tafeldoek het, miskien een wat jy self gemaak het. Dis net die regte ding om jou uit jou winterluiheid te help. Daar is ook niks wat jou keer om bypassende servette, kussinkies en vadoeke te maak nie.

Met hierdie oorspronklike Da Gama-ontwerpe, almal van topgehalte katoen-linne-mengsel, sal jy nie kan wag om mense oor te nooi en met jou nuwe dekor en kookvernuf te spog nie. Besoek gerus www.dagama.co.za vir meer inligting en inspirasie.