Spring tou en verbrand meer vet

0
119
springtou.jpg

Touspring is ideaal om die winter-rolletjies in toom te hou. Word warm en laat jou hart vinnig klop!

’n Prettige manier om die metabolisme aan te wakker, en ook jou spiertonus en fiksheid te verbeter is deur tou te spring. Dit verg heelwat minder tyd as draf of fietsry, omdat jy meer produktiewe vet verbrand.

1. Begin met ’n sprong wat vir jou maklik is

Beginner.Begin altyd met ’n basiese sprong wat vir jou die maklikste is: die tweevoetsprong (voete bymekaar) of draf op die plek. Moenie moedeloos raak as jou voete kort-kort vashaak nie, dis deel van die pret. Beginners: Spring 20 omwentelings en stap 1 minuut op die plek. Herhaal vir 10 minute.

springtou_oefening_1.png

2. Draf en lig jou knieë hoog op

Gevorderd. Draf op die plek en bring jou knieë om die beurt hoog op terwyl jy oor die tou spring. As jou bene baie moeg word, kan jy jou knieë laat sak terwyl jy steeds in ’n drafbeweging spring. Jou bobene en maagspiere word dan ingespan.

springtou_oefening_2.png

3. Spring tou soos toe jy ’n kind was

Moeilik. Begin met die tweevoetsprong tot jy ’n goeie ritme handhaaf. Kruis nou een arm oor die ander en spring deur die lus van die tou. Bring dadelik jou arms terug tot langs jou sye terwyl jy weer oor die tou spring.

springtou_oefening_3.png

Geskryf deur Linda Kriel
Volg Linda op Twitter: @linda_kriel

DEEL
Vorige artikelE-kaartjies
Volgende artikelHoekom vas?
Geniet 'n eersteklas- aanlyn wêreld met dieselfde warm gevoel van 'n lekkerlees tydskrif.