Staan sterk teen versoekings

0
37
versoekings.jpg

Kan jy nee sê vir versoekings? Baie van ons dink ons kan nie en pak dan die skuld op die feit dat ons geen selfbeheersing of wilskrag het nie.

Kan jy nee sê vir versoekings? Baie van ons dink ons kan nie en pak dan die skuld op die feit dat ons geen selfbeheersing of wilskrag het nie.

Diep binne-in glo jy dat ’n gesonde liggaam harde werk is en te veel opofferings verg, en dat jy dit nooit sal kan volhou nie. Voordat jy nog met ’n gesonde eetplan begin het, misluk jy al klaar, want jy glo nie jy is sterk genoeg om die versoekings te weerstaan nie.

Maar weet jy hoe sterk jy werklik is?
Het jy geweet jy is eintlik ’n superheldin vir wie niks onmoontlik is nie? In Filippense 4:13 staan daar dat jy tot alles in staat is deur Hom wat jou krag gee. Dit beteken daar is niks wat sterk genoeg is om jou onder te kry nie.

Geen versoeking is so groot dat jy dit nie kan weerstaan nie. Jy kán nee sê.