Steaktoebroodjies met avokadosalsa

0
104
steak_broodjies.jpg

Trakteer jou gesin in hierdie warm maand op koue geregte wat geurig en vullend is en in ’n japtrap voorberei kan word. ’n Sappige Steaktoebroodjie met avokadosalsa sal nie net die magies volmaak nie, maar die smaakknoppies betower.

Genoeg vir 4
Tyd: 25 minute

BESTANDDELE

  • 15 ml olyf- of avokado-olie
  • 4 lendeskywe, of enige snit na keuse, soos kruisskyf of kitslendeskywe
  • sout en peper
     

Vir die salsa

  • 1 avokado, gekap
  • 100 g kersietamaties, gekap
  • ½ klein rooi-ui, gekap
  • 1 rooi rissie, gekap, gekap
  • groot handvol vars koljander, gekap
  • sap van 1 lemmetjie of ½ suurlemoen
     

Om op te dien
vars roketblare en korserige brood

METODE

  1. Verhit ’n riffelpan oor hoë hitte. Vryf die olie oor die steaks en geur goed met sout en peper.
  2. Rooster 4-5 minute aan elke kant, na gelang van hoe gaar jy die steak verkies. Haal uit die pan en hou eenkant.
  3. Vir die salsa: Meng die avokado, tamaties, uie, rissie, koljander en lemmetjiesap in ’n bak. Geur goed.
  4. Om voor te sit: Plaas vars roketblare op ’n sny brood, en plaas die steak bo-op saam met ’n groot skep salsa.

 

Resep en stilering: Leila Saffarian
Fotograaf: Graeme Wyllie
Met komplimente van Your Family

DEEL
Vorige artikelMadiba sterf
Volgende artikelGod bly belangrik
Voelgoed
Geniet 'n eersteklas- aanlyn wêreld met dieselfde warm gevoel van 'n lekkerlees tydskrif.