Stel ’n pynlose begroting op
- Geldsake MENTOR
- Wouter Snyman
Lewenskoste styg vinnig en ons moet almal die gordels stywer trek. Jy kan nie jou uitgawes verminder as jy nie weet hoeveel en waarop jy dit spandeer nie.
Hou boek van jou uitgawes al is dit moeite
GPS het ’n baie eenvoudige funksie: om jou by jou bestemming te kry. As jy die bestemming intik, sal die GPS vir jou ’n paar opsies gee oor watter roete om te volg. Ons finansiële GPS werk op dieselfde manier. Die beginpunt is jou maandelikse begroting. Jou eindbestemming is dinge soos jou finansiële doelwitte vir eendag.
Die eerste stap tot finansiële vryheid is om ’n begroting vir jouself op te stel. Al is dit hoe pynlik! ’n Begroting is ’n vooruitskatting van jou inkomste en uitgawes oor ’n spesifieke tydperk in die toekoms.
Die GPS-koördinate lyk soos volg: Bestuur jou geld met een klein verandering. As jy R10 in jou beursie sit, spandeer net R9. As jy meer uitgee as wat jy verdien, is jy op dun ys. En dit is deesdae ’n algemene probleem. Dan begin jy skuld maak om jou skuld af te betaal, en ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Die realiteit is dat jou geldsake steeds hanteer moet word ná jou dood. Sonder ’n geldige testament verloor jy die reg en beheer daaroor. Sê ...
As jy daaroor droom om jou kinders verder te laat studeer, beteken dit jy moet vandag al begin spaar, anders gaan jou drome dalk nooit ...