Stemmer, stem maar weer

Momente soos wat gister op die internasionale sportarena afgespeel het, maak mos ‘n lied in ‘n mens los wat jy dalk nie eers besef het jy in jou gehad het nie!

Dit is sulke tye dat ‘n mens vergeet dat daar soms ‘n vals noot insluip, want op daardie oomblik is alles dan so wonderlik in harmonie.

Maar laat ons nie vergeet nie…

“The Tuner is putting us in order. He sweeps His hands along the strings;
there is a jar from every note; so He begins first with one string, and then goes to another. He continues at each string till He hears the exact note.
The last time you were ill, one of your strings was tuned;
the last time you had a had debt, or trembled at declining business,
another string was tuned.
And so, between now and heaven, you will have every string set in order;
and you will not enter heaven ‘till all are in tune.”
CH Spurgeon

So in onse enigheid hier in Engeland, wonder my man sommer hardop of Rassie-hulle nie dalk effens teenkanting sal kry omdat hulle so onbeskaamd oor Suid-Afrika se menigte uitdagings gepraat het nie.

Hoekom sou dit wees? Hoekom is ons so onwillig om te luister wanneer mense vir ons vertel dat hulle besig is om gestem te word? Hoekom klap ons so maklik daardie deur toe en verander sommer die hele orkessamestelling?

Ek wonder of dit dalk te doen het met ons eie tyd onder die Stemmer se hande. Want dis nie ‘n maklike proses nie. Ons word gestrek en gevra om te laat gaan op plekke waar jy nog nie noodwendig voel jy kan nie en in die proses hoor jy jou eie vals note oral uitspring.

Maar dis net deel van die proses.

Wanneer dit afgehandel is, en ons uiteindelik in die helder spieël die uitdrukkings kan sien van hulle wat geraak word deur die Meester se bonatuurlike stemwerk in ons lewens, sal elke rek en strek sin maak, nuwe betekenis kry.

En Hy is ‘n meesterstemmer! Hy sal nooit toelaat dat ons gestrek word by breekpunt verby nie.

“Sing a new song to the Lord!
He has worked miracles,
And with His own powerful arm,
He has won the victory.
The Lord has shown the nations
That He has the power to save
And to bring justice.
God has been faithful
In His love for Israel,
And His saving power is seen
everywhere on earth…”
Psalm 98:1 CEV

Ook daar ver in Afrika.

Die Here weet die droogte maak ons gedaan. Hy weet die geweld en onrus versteur ons slaap. Hy weet hoe werkloosheid en die powere ekonomie ons geduld en ons menswees en selfs ons geloof ook strek.

Maar Sy hand is op die stemknoppe, en Sy oog is op die snaar.
Laat ons juig met al wat ons werd is:
My Redder leef!

Jou temalied vir die week: Unstoppable God

Vorige artikelMiddernag Openbarings
Volgende artikelDie dood en die ewige lewe
Blogger - Maxie Heppell
Vir baie lank het my lewe nie regtig rigting gehad nie. 'n Gekompliseerde kindertyd, verkeerde keuses en dan die ongelukkige gevolge daarvan, het my gevange gehou. Tot daardie dag dat die Here Sy kind uit die modder opgetel en haar voete stewig op Vaste Rots laat land het. Psalm 40 bly tot vandag toe 'n groot favourite! Dit het my baie jare geneem om uit te kom by dit wat Hy nog altyd vir my lewe bedoel het. Maar nou is ek hier. En ek glo in God Drie-Enig, in die maagdelike geboorte, in Jesus aan 'n kruis, maar meer nog - aan die opgestane Jesus in my eie lewe. Ek glo dat Hy ons weer gaan kom haal en dat ek tot dan die Heilige Gees het wat my lei en my denke help vernuwe. In 2009 behaal ek my B.Th graad in teologie en sedertdien preek ek, praat ek en deel ek oral waar ek genooi word. Ek en my eerste liefde en ons langhaar-vierbeen meisiekinders bly tans op Jeffreysbaai in die Oos-Kaap en ons getuig gereeld: Die Here is nie net goed vir ons nie, Hy bederf vir ons!