Stoot jou bors op en uit

0
75
bors_oefening.jpg

Jou borste verander baie nadat jy kinders gehad het, maar jy het geen verskoning om nie ’n ferm boesem te hê nie. Hierdie borsopstote sal die tonus van jou borste verbeter asook jou boarms en maagspiere laat werk. Doen die oefening by die kombuistoonbank terwyl vir die mikrogolfoond wag om klaar te maak. Doen dit in die kantoor by jou lessenaar of saans by die wasbak nadat jy tande geborsel het. Moenie gaan stap of draf sonder dat jy tussenin ’n paar stelle ingewerk het nie.

1. Plaas jou hande bo-op ’n reling en hou jou arms verder as skouerbreedte  uitmekaar.  Jou voete is ’n entjie weg van die reling. Staan op jou tone en leun vorentoe sodat jou liggaam ’n reguit lyn vorm van jou kop tot by jou hakke.

linda kriel oefeninge

2. Buig nou jou elmboë en laat sak jou bolyf totdat jou bors teen die reling raak. Keer terug na die beginposisie deur jou arms weer reguit te maak en jouself terug te stoot. Hou deurentyd jou maag ingetrek en jou rug reguit. Probeer om in die loop van die dag ten minste drie stelle van 15-25 herhalings te doen.

linda kriel oefeninge

3. Doen hierdie strek vir die bors, boarms en skouers nadat jy die oefening gedoen het. Hou jou hande agter jou rug vas, vingers inmekaar gevleg. Maak jou arms reguit en lig hulle op. Voel die strek in jou boarms en bors. Hou die strek vir ongeveer 20 sekondes.

linda kriel oefeninge