Strekoefeninge vir ’n gesonde liggaam en gees

0
14

Strekoefeninge is terapeuties vir liggaam en gees.  Maak dit deel van jou roetine en jy sal eindelose voordele daaruit put.  Om maar ’n paar te noem:

  1. Dit berei die liggaam voor op veeleisende aktiwiteite en maak dus oefeninge soos draf, tennis en fietsry makliker.
  2. Dit help om beserings te voorkom.
  3. Strekoefeninge maak jou soepel.
  4. Dit bevorder die bloedsomloop.
  5. Dit neem net ’n paar minute per dag om te strek en kan boonop enige tyd van die dag gedoen word.
     
  • Soggens wanneer jy wakker word.
  • Bedags op kantoor – veral as jy van opgehoopte spanning ontslae wil raak.
  • Saans voor die televisie.
  • Voor en na ’n oefensessie.
  • Wanneer jou spiere styf en gespanne voel.
  • Wanneer jy geïrriteerd of omgekrap voel.
     

Geskryf deur Linda Kriel