SUID-AFRIKA, DIS TYD.

Vervelige dae in Suid-Afrika? Nóóit!!! Hoe kan daar vaal dae wees, met soveel kleur en geur in ons unieke reёnboognasie!

Net wanneer ‘n mens dink, niks kan jou meer skok of verras nie, kom daar tog wel, nóg iets nuut vorendag. Die ‘geur’ wat oor ons land en rondom mense hang, ruik beslis nie lekker nie, inteendeel dit stink vrot!

Donkerte en duisternis hang soos ‘n swaar kleed oor ons land en sy mense. Die dade van die vlees, skyn so helder soos sterre, in hierdie donker nag,  skaamteloos, vir almal om te sien. Seksuele immoraliteit, losbandigheid, boosheid, afgodery, heksery, haat, verdeeldheid, jaloesie, woede uitbarstings, selfsugtige begeertes, faksies, afguns, dronkenskap, orgies, waardeloosheid, moord, roof, diefstal,  lieg en bedrieg . . .  alles aan die orde van die dag.

Ja, reg is verkeerd, en verkeerd is reg. Raar maar waar, selfs eet het meer waarde as ‘n eed deesdae! Só, speel Galasiers 5:19-21  in volkleur af, ‘n realiteit in ons eie land,  híér, in Suid- Afrika. (Ja, ook dáár. Regoor die wêreld ontvou dit presies só.)

MAAR GOD.

SUID-AFRIKA, DIS TYD. SKYN JOU LIG, SUID-AFRIKA. DIS TYD. SȆ JA VIR JESUS EN NEE VIR DIE DUIWEL MET SY NONSENS.

My eie G-I-L in die nag het L-I-G in die dag geword, want God is Liefde. Lig verdring áltyd duisternis. (Duisternis kan nié duisternis verdring nie.)  Lig is nodig. God is nodig. God se Liefde.

Daarom glo ek sonder twyfel, dat as gevolg van Angus Buchan se gehoorsaamheid aan God se roepstem, vir ‘n tyd soos nóú in Suid-Afrika, God juis  tydens die naweek by “ It’s Time Pretoria”,  Sy Woord gestand  gaan doen en laat afspeel presies soos dit geskrywe staan in Jesaja 60. (Skep asseblief  tyd en gaan sit in ‘n plek van stilte. Word stil en lees hardop en drink die woorde in. Lees dit weer en wéér, totdat jý dit kan voel in die dieptes van jou eie liggaam, siel en gees.)

Mag ek en jy, ons, elke Suid-Afrikaner, waag om God toe te laat om Sy Lig deur ons te skyn. Dit begin by elkeen van ons as individue. Dit begin híér, by onsself, binne-in onsself, in ons eie hart, by ons eie huis, werkplek,  gemeenskap, nasie en vloei dan na dáár – die wêreld.

SUID AFRIKA, DIS TYD. SKYN JOU LIG, SUID AFRIKA. DIS TYD. SȆ JA VIR JESUS EN NEE VIR DIE DUIWEL MET SY NONSENS. 

Vorige artikelDis prysuitdeling
Volgende artikelDis die klein goedjies wat ‘n verskil maak
Blogger - Tania Delport
Tania Delport is terselfdertyd onkonvensioneel, passievol, vreesloos, kreatief, teen die grond neergegooi maar nie vernietig nie, vol blydskap en humor, Woord deurdrenk en geesvervuld, ‘n onvergeetlike persoonlikheid. Tania Delport se skryftalent is ‘n passie en natuurlike gawe van God maar ook stil-stil geïnspireer deur die welbekende skrywer Hennie Aucamp wat 20 Maart 2014 oorlede is. Sy het in die Stormberg hoogland in die Oos-Kaap grootgeword op die buurplaas vanwaar hy grootgeword het. Haar oom aan haar pa se kant was getroud met die suster van Hennie Aucamp, dus was hy deel van haar familie binnekring. Tania Delport is in haar finale seisoen van liefde en lewe. Haar prioriteit is haar man Pieter. Sy is toegewyd en gaan haar gawes met veral vroue deel. Tania Delport se G-I-L in die nag het L-I-G in die dag geword want God is Liefde. Haar lewe het vlerke gekry. Dis tyd vir joune! Besoek gerus haar web tuiste https://eet8eet.co.za