Suurlemoen-hoenderfilette

0
381
hoender_resep.jpg

Trakteer jou gesin op ’n voedsame maaltyd uit die boonste rakke met hierdie Suurlemoen-hoenderfilette. ’n Vinnige, ligte ete wat jou gesin mal oor gaan wees.

Genoeg vir 4
Tyd: 25 minute + marineertyd

BESTANDDELE
4 ontbeende hoenderborsies, vel verwyder
2 knoffelhuisies, gekap
45 ml olyfolie
3 ml droë rissievlokkies
sap van 1 suurlemoen
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak

METODE
1 Klop die hoenderborsies plat met ’n vleishamer tot 5 cm dik.
2 Meng die knoffel, olyfolie, rissievlokkies, suurlemoensap, sout en peper saam in ’n groot bak. Voeg die hoender by.
3 Bedek die hoender met kleefplastiek en plaas vir ’n uur in die yskas om te marineer.
4 Haal uit die yskas en braai oor die kole vir 3-4 minute aan elke kant tot gaar. Dien op saam met koolslaai.

Bron
Artikel: Leila Saffarian, bygestaan deur Nomvuselelo Mncube
Fotograaf: Roelene Prinsloo
Met komplimente van Your Family