Suurlemoen-knoffelgarnale

100

5 min. + gaarmaak 10 min.
5-6 mense

BESTANDDELE

15-18 mediumgrootte garnale, skoongemaak
Vir die marinade
2 t vars knoffel
2 t woestyn- of pienk sout
2 t Italiaanse kruiemengsel
½ t rooipeper (opsioneel)
6 e olyfolie
sap van 1 suurlemoen
3 e rou heuning
’n handvol varsgekapte Italiaanse pietersielie vir garnering

METODE

1 Verhit olyfolie in pan op medium hoë hitte.
2 Meng die marinade deur al die bestanddele saam te voeg en goed te meng tot heuning opgelos is.
3 Plaas garnale in pan en braai tot pienk aan beide kante voor marinade bygevoeg word.
4 Roerbraai garnale en laat toe dat die sous effens tot goudbruin verbruin.

Izelle HoffmanIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.