Suurlemoen-soufflé-sorbet

0
198
souffle.jpg

’n Lekker lang kuier om die etenstafel is die toppunt van geselligheid. Bederf jou kuiergaste met hierdie heerlike nagereg soos Suurlemoen-soufflé-sorbet.

Genoeg vir 8
Tyd: 15 minute + vriestyd

BESTANDDELE
4 eiers, geskei
200 g suiker
sap en skil van 2 suurlemoene
250 ml room, geklop
grenadellapulp vir garnering

METODE
1. Voer 8 ramekinbakkies, of een groot vorm, met klam kleefplastiek uit.
2. Klits die eierwitte totdat sagte punte vorm. Voeg die suiker stadig by en hou aan klits totdat dit glansend is, soos meringue.
3. Klits die eiergele tot lig en donsig. Klop die suurlemoensap en -skil by. Vou die eiergeelmengsel en geklopte room by die eierwit in en giet in die voorbereide bakkies/vorm.
4. Vries vir 4-6 uur, of oornag.
5. Om op te dien, giet warm water in ’n vlak bakkie. Plaas elke ramekin versigtig in die water vir 3 sekondes. Maak seker dat net die helfte van die bakkie onder water is. Keer die bakkies om en verwyder die kleefplastiek. Garneer met vars suurlemoenskil en grenadellapulp. Sit dadelik voor.

Deur Petri Uys. Dékor: Dorcas Uys. Foto’s: Sally Chance.