Swaar sneeu-neerslag in Moskou

0
553
Sneeu in Moskou

Moskou het die afgelope naweek onder ‘n swaar sneeu-neerslag deurgeloop.

38cm sneeu het in die stad geval – dit is meer as die helfte van die gemiddelde maandelikse sneeuval, en dit het ook die 1957-rekord oortref.  Die sneeu het meer as 2000 bome in die stad laat omval.

Iets wat ekself ook destyds in Amerika waargeneem het toe ons daar gewoon het, was dat bome wat alleen staan, makliker breek onder die sneeu. Die bome wat egter dig teen mekaar staan, kan ‘n groter vrag sneeu vat want soos die takke sak onder die sneeu, steun die bome tog ook op mekaar.

Dit is nogal ‘n goeie les wat ons kan onthou, want ook mense is sterker wanneer hulle mekaar ondersteun. Ook mense “breek” dan nie so maklik nie. Paulus gee nie verniet die volgende opdrag nie: Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus (Gal. 6:2).