Swak punte, maar tog suksesvol

0
180
suksesvol_sonder_matriek.jpg

Richard Branson vertel dat Matrieks ʼn sukses kan maak al kry hulle nie onderskeidings nie.

Ons almal weet hoe stresvol dit is om vir matriekuitslae te wag. Sodra daardie dag aanbreek hou ons maar ons asems op totdat ons daardie wiskunde punte gesien het.

Kinders moet risiko’s neem en nie bang wees vir mislukkings nie. Mislukkings is deel van die lewe, veral in die besigheidswêreld. Daarom is dit nie nodig om slapelose nagte oor eksamenpunte te hê nie.

Vergeet van eksamenpunte (Almal doen een of ander tyd). Dis belangrik dat kinders besluit wat hulle in die lewe wil bereik en dan daaraan werk. Dit mag dalk beteken dat hulle wel universiteit toe moet gaan, maar dit kan ook beteken dat hulle ʼn kans vat en ʼn besigheid begin. Kinders het baie om te leer wanneer dit by sukses kom en daarom glo ek dat ʼn stuk papier met ʼn paar onderskeidings nie noodwendig jou sukses gaan bepaal nie. Ek het self skool gelos en sonder enige kwalifikasies in die grootmenswêreld ingestap.

Baie matrieks wag nog vir hulle punte. Ek hoop en glo dat hulle die punte sal kry waarvoor hulle so hard gewerk het.

Matrieks, onthou net een ding as jou punte nie is soos wat jy gehoop het dit sou wees nie, is dit nie die einde van die wêreld nie. Jy kan nog steeds suksesvol wees, al het jy nie eers een onderskeiding gekry nie. Dis belangrik om te fokus op dit waarin jy goed is. Die alfabet is van A tot Z en nie van A tot C nie. Jy kan altyd jou doelwitte op een of ander manier bereik.

Lees ook Bouwer Bosch se rubriek: Om te leer is ’n groot voorreg