Ouerskap

’n Ma-dogter-verhouding wat spesiaal is

’n Ma-dogter-verhouding wat spesiaal is

SERAHNI SYMINGTON het tydens die Oulike ma–bederfdag gesê om te onthou dat jy daar is om jou dogter te lei om haar potensiaal vir geluk te realiseer. Jy is jou kind se rolmodel en die maatstaf wat sy in die lewe gebruik. Daar is sekere goed wat jy doen wat ’n samelewingsbeginsel is en wat vir haar die norm word. As julle elke aand in julle huis saam eet, word dit die norm. As kinders by ander mense gaan kuier en hulle maat se ouers eet nie saam aan die tafel nie, dink hulle: Hierdie mense is weird. Hulle eet nie saam nie. Wat jou dogter by jou sien word haar normaal Dit wat jou kinders in jou huis sien, en by jou sien, word hulle normaal. Dit word die maatstaf wat hulle gebruik om ander gesinne te meet. My dogtertjie is nou in die fase van crop tops. Crop tops is in. Toe sê ek vir haar: “Jy is nie sexy nie, jy is ’n kind, nè? Jy dra nie crop tops nie. Die enigste manier hoe crop tops in my huis vlieg, is met ’n toppie onder aan. Ek wil nie jou maag sien nie.” Nou die dag…...

Om toegang te kry tot die volledige artikel:
Teken aan Teken in
Serahni Symington

Hoe om…‘n Gesonde, gelukkige gesin te skep

Spelterapeut en ouerskapkenner SERAHNI SYMINGTON leer jou die geheime vir ’n gesonde, gelukkige gesin, met minder stres! Gesinne is belangrik in ons vorming en ontwikkeling Gesonde lewensbeginsels vir gesonde gesinne – minder stres, angs en druk. Klink dit nie lekker nie? Kan jy dit deur die struktuur van jou gesin vir jou kinders se sosiale en emosionele welstand vir die res van hulle lewens waarborg? ’n Gesin is iets baie persoonliks. Dit is iets wat ons elkeen vir onsself kan definieer as belangrik in ons sosiale omgewing. Ons is tog nie geïsoleerde mense wat net alleen deur die lewe gaan nie. Ons omring ons met ander. En die eerste groepering van mense met wie jy jouself omring, is tog jou gesin. Dit is baie belangrik vir ons om te verstaan dat ons binne gesinne ’n groot verantwoordelikheid het om mekaar se ontwikkeling voorop te stel. ’n Gesin is kardinaal in ons ontwikkeling en die vorming van gesonde gewoontes as grootmense. Daar is so baie teorieë wat gefokus is om die konsep van ’n gesin te probeer verduidelik. Dit te probeer verstaan. Gesinwees help ons suksesvol funksioneer Daar is baie sielkundige raamwerke wat verduidelik hoe verhoudings in die vroeë kinderjare binne…...

Om toegang te kry tot die volledige artikel:
Teken aan Teken in
Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!