Tamari-en-Peppadew™ -maalvleis

0
462

5 min. + gaarmaak 15 min.
4–5 mense

BESTANDDELE

1 e olyfolie
3 sprietuie, opgekap (insluitend die blare)
700 g ekstra maer maalvleis
400 g groenbone
2 t woestyn- of pienk sout
2 t origanum
2 e paprika, opgehoop
2 e rou heuning
5 e Tamari-sojasous
100 g Peppadew™, in stukkies gesny

METODE

  1. Verhit ’n mediumgroot pan met ’n bietjie olyfolie.
  2. Braai die opgekapte sprietuie tot goudbruin, voeg die maalvleis by en braai tot bruin.
  3. Voeg die groenbone en die res van die bestanddele by en roerbraai vir 10 minute tot die bone sag is na smaak.
  4. Sit voor saam met botterskorsie of pampoen.

KLIEK HIER vir meer resepte deur Izelle Hoffman, leefstyl-sjef.