Tamatiebredie

0
1463

BESTANDDELE

125 g blokkies spek
1 kg lamskenkels of lamsvel, in porsies gesny
1 hoenderaftrekselblokkie
125 ml kookwater
45 ml sultanas (opsioneel)
1,25 ml brandrissievlokkies
4 selderystingels, gekap
3 middelslagwortels, geskil en gekap
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
2 middelslag-uie, gekap
1 klein knoffelhuisie, gekap
400 g geskilde tamaties, in blokkies
250 ml tamatiepuree
60 ml soet witwyn
45 ml suiker
1,5 cm vars gemmer, geskil en fyngerasper
2,5 ml fyn komyn
5 ml matige kerriepoeier
1 lourierblaar
sout en swartpeper na smaak
15 ml vars tiemieblare
60 ml blatjang
15 ml koljanderblare

METODE

1. Verhit ’n groot swaarboomkastrol en braai die spekblokkies tot goudbruin en al die vet uitgebraai is. Skep die spekblokkies met ’n gaatjieslepel uit en hou die vet eenkant.
2. Verhit ’n bietjie van die vet oor matige hitte en braai die lamsvleis in sarsies bruin. Voeg nog van die vet by indien nodig. Wees versigtig dat dit nie aanbrand nie. Skep die bruingebraaide vleis met ’n gaatjieslepel uit die kastrol en hou eenkant.
3. Los die aftrekselblokkie op in kookwater en voeg sultanas by.
4. Braai die brandrissievlokkies vinnig in die kastrol en voeg dan die seldery, wortels, soetrissie, uie en knoffel by. Soteer die groente oor lae hitte tot die uie deurskynend is.
5. Voeg die tamaties, tamatiepuree, wyn, suiker, gemmer, komyn, kerrie, lourierblaar, sout, peper en tiemie by.
6. Dien op.