Tandoori-hoenderslaai

667

6 porsies

BESTANDDELE

MARINADE
250 ml ongegeurde jogurt
10 ml garam masala
5 ml fyn gemmer
5 ml fyngekapte vars knoffel
5 ml borrie
5 ml sout
1 matige brandrissie, saadjies
verwyder en fyngekap (opsioneel)
700 g ontbeende hoenderborsies, effens platgekap en in repies gesny
15 ml kanola-olie

SLAAI
750 ml fyngesnyde blaarslaai
750 ml fyngesnyde rooikool
750 ml fyngesnyde tamaties
1 bossie radyse, in skyfies gesny
1 middelslag Engelse komkommer, in blokkies gesny
1 bossie sprietuie, gekap
250 ml fyngekapte vars koljanderblare
1½ Granny Smith-appel, in blokkies gesny
sap van 2-3 suurlemoene
sout en varsgemaalde swart peper na smaak

METODE

1. MARINADE: Meng die jogurt, garam masala, gemmer, knoffel, borrie, sout en brandrissie in ’n mengbak. Meng die hoender deur die marinade, bedek die bak en verkoel vir 2 uur.
2. Verhit die olie in ’n swaarboompan en skep die gemarineerde hoender en marinade in. Braai die hoender vir 8-10 minute tot gaar. Skep uit en laat die hoender effens afkoel.
3. Meng die blaarslaai, kool, tamaties, radyse, komkommer, sprietuie, koljanderblare en appel in ’n slaaibak. Skep die hoender en pansappe oor die slaaimengsel en meng. Drup die suurlemoensap oor die slaai, geur met sout en peper en dien op.