Tee vir twee met klas

0
151
lady_liz.jpg

Moenie toelaat dat die gejaag van elke dag jou vreugde steel nie. Keer terug na die tyd van styl en klas.

Hierdie pragtige goue Lady Liz-koppies maak teetyd ’n heerlike daaglikse ritueel. Hoe lieflik is dit nie om dit wat jy drink uit ’n kunswerk van ’n koppie te geniet nie! Nooi ’n vriendin oor en gesels oor die goeie ou dae. Hierdie koppie-en-piering-stelletjie is ook die ideale geskenk vir iemand wat die mooi dinge in die lewe waardeer, oud of jonk.

Hierdie stel is beskikbaar teen R235, insluitende aflewering en die oulike geskenkhouertjie. Besoek www.gifthaus.co.za vir meer spesiale idees en geskenke of kontak hulle by 083 627 5493.