Thaise vissosaties met soet rissie-mayonnaise

0
181
sosaties.jpg

Braai iets anders vir ’n slag. Hierdie Thaise vissosaties met soet rissie-mayonnaise gaan jou gaste betower!

Genoeg vir 4
Tyd: 30 minute

BESTANDDELE
125 ml mayonnaise
60 ml soet rissiesous
handvol vars koljander, gekap, plus ekstra
4 ferm witvisfilette, in 3 cm-blokkies gesny
125 ml tuisgemaakte Thaise bedruipsous (resep hierbo)
4 houtvleispenne, in water geweek om te voorkom dat dit brand
sout en peper
lemmetjiewiggies, vir opdiening
Griekse slaai, vir opdiening

METODE
1 Meng die mayonnaise, soet rissiesous en koljander saam. Hou eenkant.
2 Meng die vis en die helfte van die Thaise bedruipsous saam. Ryg die visblokkies op 4 vleispenne en maak gaar oor voorbereide kole (matig hoë hitte). Bedruip voortdurend met die res van die bedruipsous tydens gaarmaak. Geur.
3 Sit die vis voor met die soet rissie-mayonnaise, lemmetjiewiggies en slaai.

Artikel: Margie Els-Burger bygestaan deur Nomvuselelo Mncube
Foto’s: Roelene Prinsloo