Tjoppies met geroosterde groente

0
970

Lewer 4 porsies.

BESTANDDELE:

3 soetrissies (rooi, groen en geel), ontpit en in groot stukke gesny
1 groot patat, geskil en in stukke gesny
2 murgpampoentjies, in stukke gesny
1 rooi-ui, in wiggies gesny
sout en swartpeper
1 e olyfolie
8 lamstjops
1 e gekapte tiemie
2 e gekapte kruisementblare

METODE:

  1. Stel die oond op 220 °C.
  2. Plaas die soetrissies, patat, murgpampoentjies en uie op ’n groot bakplaat of in ’n oondbak en giet die olyfolie oor. Geur met sout en genoeg swartpeper, meng goed deur en rooster vir 25 minute.
    3. Strooi solank die gekapte kruie en swartpeper oor die lamstjops.
    4. Haal die groente uit die oond en stoot na die een kant van die bakplaat. Plaas die tjops aan die ander kant en sit terug in die oond vir 10 minute.
    5. Draai die tjops om en bak vir nog 10 minute of tot die groente en die vleis sag en lig gerooster is.
  3. Meng die tjops en groente en sit voor.