Toda Teva: Méér as net ʼn velsorgreeks

0
32
toda_teva.jpg

Toda Teva is ʼn splinternuwe, natuurlike velsorgreeks waaroor elke vrou droom.

Vier jaar gelede het Suzette Jacobs gestalte begin gee aan ‘n jarelange droom om ‘n velsorgreeks hier in Suid-Afrika te laat vervaardig met uitgesoekte, gesonde bestanddele.

Haar visie was dat hierdie reeks produkte anti-allergies, sag, voedend en gesond moet wees. Baie bekostigbaar en gereed-om-te-gebruik.  Selfs die naam Toda Teva het diep betekenis, want dit beteken “Dankie, natuur”, in Hebreeus. “Dankie” vir die geleentheid om ‘n kwaliteit produk aan ons vrouens te kan verskaf wat hulle lewens verander deur ‘n mooier en gesonder vel te kan hê, en ook aan die “natuur” vir die gebruik van sy kosbare gawes.  

Top 5 wenke om Toda Teva se produkte optimaal te kan geniet

  1. Toda Teva se Natural Skin Conditioner is alhohol-vry, so geen veluitslag, branderigheid of ongemaklike tinteling nie.  Hierdie produk verwyder alle oorblywende grimering op jou vel en berei jou vel deeglik voor om jou nagroom ten volle te kan absorbeer en te geniet.  Gebruik dit saans vir die beste resultate.
  2. Die Natural Protecting Day Cream, Natural Recovering Night Cream & Natural Anti-Ageing Eye Moisturizer bevat die bestanddele Rice Bran Oil en Borage Oil. Hierdie bestanddele het die meeste omega 3, 6 en 9 van die hele planteryk, en word wêreldwyd  aanbeveel om in kos gebruik te word en ook op die vel vir absolute gesondheid en herstel.  Daaglikse aanwending en gebruik van hierdie produkte gaan ‘n visuele verbetering aan jou vel waarborg.
  3. Die Natural Hydrating Facial Mask is die eerste masker in ons reeks wat geurig gemeng is met die beste bestanddele sodat jy dit vir ‘n lieflike, voedende gesigmasker, hand-masker of voet-masker kan gebruik. Hierdie produk is hemels en jy sal verskonings uitdink om dit te gebruik.
  4. Toda Teva se Natural Jasmine Hand Cream is spesiaal geformuleer met sagte Jasmyn Essensiële olie, en bevat Shea Butter. Hierdie produk fokus spesifiek aan anti-veroudering op jou hande en help om vlekkies te beveg. Dit kan so gereeld as wat nodig is, gebruik word.
  5.  Die Citrus & Herb Facial Cleanser en ook die Gentle Créme Facial Cleanser kan daagliks gebruik word om onsuiwerhede en grimering delikaat weg te was, sonder om van jou vel se natuurlike olies ontslae te raak.

Toda Teva bied ook vir die eerste keer ʼn unieke besigheidsgeleentheid aan:

Omdat ons graag hierdie kwaliteit reeks produkte aan al ons vriendinne reg oor Suid-Afrika wil bied en laat ervaar, bied Toda Teva jou 2 wonderlike entrepreneurs geleenthede:

toda_teva_logo.jpg

  1.  Jy kan ons produkte op ʼn deeltydse of voltydse basis verkoop en tot en met 40% kommissie verdien.
  2. Of  jy kan van ons lys produkte in grootmaat aankoop (5liter volumes), in jou eie verpakking verpak, en herverkoop onder jou eie besigheid se naam en embleem. Dis die ideale geleentheid vir jou om jou eie velsorgreeks te versprei.  Die gehalte van hierdie produkreeks is so prysenswaardig, dat jou kliënte gaan terug kom vir meer. Finansiële vryheid, binne bereik.

Stuur ʼn epos aan: Suzette Jacobs by info@todateva.co.za, en begin jou droom vandag.

WEN!

Weens die oorweldigende positiewe reaksie wat Toda Teva verlede jaar met hulle promosie ervaar het, bied hulle hierdie jaar weer die geleentheid aan om ʼn heerlike PEARL-geskenkpak ter waarde van R750.00 te wen. Jy staan ‘n kans om vir die volgende 3 weke ‘n gelukkige wenner daarvan te kan wees.

Hierdie geskenkpak is ideaal vir normale, droë of volwasse veltipes. like.jpg

Al wat jy moet doen om hiervoor in aanmerking te kom, is om by Suzette Toda Teva se Facebook-blad aan te sluit. KLIEK HIER.

Kompetisie sluit: Saterdag, 14 Februarie 2015.