Totsiens, saalsakke

0
78
linda_kriel_oefening.jpg

As jy groot heupe het met vet aan die buitekant van jou bobene en jou agterstewe, sit jy met saalsakke! Vermy oefeninge met swaar gewigte, wat baie stremmend op jou bobene is, en doen hierdie oefening vir die heupe, buitebobene en boude. Dit vat slegs 2 minute.

1. Doen hierdie oefening 3 keer per week, sommer terwyl jy tande borsel. Dit neem 2 minute om jou tande behoorlik te borsel en dit is presies hoeveel tyd jy vir hierdie oefening nodig het.

linda kriel oefeninge

2. Hou met jou linkerhand aan die wasbak vas vir balans. Lig jou regterknie sywaarts tot amper heuphoogte en doen klein polsbewegings deur die knie 5 cm op te lig op die maat van jou tandeborsel. Op, op, op … Doen dit 30-60 sekondes. Strek en herhaal met die ander been.

linda kriel oefeninge

 3. Strek so: Hou steeds aan die wasbak vas. Plaas jou regtervoet oor jou linkerknie. Buig jou linkerbeen deur te hurk en jou boude uit te stoot. Hou die posisie vir 10-15 tellings.

linda kriel oefeninge