Tuisgemaakte bessieroomys

0
230
bessie roomys

Genoeg vir 8-12 persone.

Genoeg vir 8-12 persone.

BESTANDDELE

400 g gemengde gevriesde bessies, ontdooi tot kamertemperatuur
1 liter vanieljeroomys
3-10 suikerroomyshorinkies
ekstra aarbeie en bessies vir opdiening

METODE

1.    Laat staan die roomys buite vir ’n ruk tot sagter en effens gesmelt.
2.    Roer die bessies in en meng goed.
3.    Vries die roomys weer.
4.    Vul die roomyshorinkies en garneer met aarbeie en bloubessies.
5.    Dien dadelik op.

VARIASIES

•    Hierdie roomys kan met ander vrugte ook voorberei word, besluit maar net waaroor jy regtig lus is en meng dit in.
•    In stede van die suikerroomyshorinkies kan jy die roomys in gewone bakkies bedien vir ʼn gesonder alternatief.
•    Vir iets ander kan jy ook sjokoladeroomys gebruik.