Tuisgemaakte sjokoladegranola

585

10 min. + gaarmaak: 25 min.
8-10 mense

BESTANDDELE

500 g gerolde hawermout
200 g koring
100 g amandelvlokkies
1 handvol pampoensaad
1 e karamelgeursel
1 e vanieljegeursel
2 e olyfolie
4 e rou heuning
50 g amandelneutbotter
3 e rou kakao, opgehoop
2 t sout
Vrugte
150 g rooibosbessies
50 g rosyne
100 g klein stukkies dadels

METODE

1  Stel die oond op 180 °C.
2  Meng al die droë bestanddele saam in ’n mengbak.
3  Meng die geursel, olyfolie, heuning, amandelneutbotter, rou kakao  en sout in ’n klein mengbakkie tot egalig gemeng.
4  Voeg by die droë bestanddele en meng goed.
5  Plaas in bakplaat en druk plat met ’n lepel.
6  Bak vir 25 minute in die oond.
7  Sprinkel vrugte oor en laat behoorlik afkoel.
8  Bêre in ’n lugdigte houer

Izelle HoffmannIzelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.