Tuisgemaakte sjokoladegranola

2035

10 min. + gaarmaak: 25 min.
8-10 mense

BESTANDDELE

500 g gerolde hawermout
200 g koring
100 g amandelvlokkies
1 handvol pampoensaad
1 e karamelgeursel
1 e vanieljegeursel
2 e olyfolie
4 e rou heuning
50 g amandelneutbotter
3 e rou kakao, opgehoop
2 t sout
Vrugte
150 g rooibosbessies
50 g rosyne
100 g klein stukkies dadels

METODE

1 Stel die oond op 180 °C .
2 Meng al die droë bestanddele saam in ’n mengbak.
3 Meng die geursel, olyfolie, heuning, amandelneutbotter, kakao en sout in ’n klein mengbakkie tot egalig gemeng.
4 Voeg by die droë bestanddele en meng goed.
5 Plaas op bakplaat en druk plat met ’n lepel.
6 Bak vir 25 minute in die oond.
7 Sprinkel vrugte oor en laat behoorlik afkoel.
8 Bêre in ’n lugdigte houer.

Izelle Hoffman, leefstylsjef
Vir nog resepte, kliek op voelgoed.co.za/resepte.