Tweedehandse besluit

Soveel kere wat mense terughou
Soveel kere wat mense My nie beter wil leer ken
Als oor wat die wêreld
En mense oor My kwytraak

Kinders dis met julle
Wie Ek vandag wil praat
Julle wat nie wil nader kom
Oor dat julle luister na wat ander mense vir jou sê

Kind Ek vra jou
Hoe sou dit vir jou voel
As iemand tweedehandse inligting oor jou rondvertel
En niks van dit is waar?

Want ja sê Pappa-God
Die stories oor My
Het al soveel stertjies bygekry
Ek weet nie meer waarnatoe nie

Dis asof Ek konstant besig is
Om My eer te herstel
My Naam wat soveel mense
Net deur die modder sleep

Ek is nie halfpad so sleg soos wat julle altyd hoor nie
Sê Vader
Ek is inteendeel soveel beter daaraantoe
Ek dink julle sal dit skaars kan glo as Ek vir julle meer moet vertel

Kinders luister asseblief vir My
Ek wil iets van jou vra
Sal jy asseblief vir jouself kom uitvind
Wat die waarheid omtrent My is?

Moet asseblief nie net
Alles wat ander mense vir julle sê
Soos soetkoek opeet nie
Dis nie reg nie en so verkeerd

Asseblief Abba se kinders
Laat luiheid net ‘n bietjie staan
Kom kyk self of alles wat jy oor My glo
Of dit rerig die waarheid is

Jy is besig om jouself
So te benadeel
Alles omdat jy vooroordelend
Teenoor My staan

Nee kind asseblief
Gee My en jouself
Albei van ons ‘n regverdige kans
‘n Gelyke speelvlak

Ja asseblief kom soek
En vind uit vir julleself
Is dit waar wat ek hoor
Of is dit dalk verkeerd?

Weet nie van julle maar ek het baie lank net tweedehanse kennis gehad van God, totdat ek verhouding en later intimiteit met Hom ontdek het. Dit is die wonderlikste ding! Dis in so ‘n journey dat jy Hom regtig leer ken en die leuens een vir een begin omval soos domino’s. Om nooit weer op te staan. Maak seblief seker jy ken dit. Liefde! Letitia.