Uit met die gemors, in met die waarheid

Jare gelede het ek in ‘n bekende straat in my tuisdorp afgery en die verkeerslig voor my het geel geword voordat ek gedink het dit sou.

Ek het gewik en weeg of ek moet spoed verminder en stop of net aanry.  Ek het gedink ek het genoeg tyd vir my voorste bande om oor die streep en in die kruising te kom voordat die lig rooi word.

Net om seker te wees, het ek na my vriendin in die passasiersitplek gedraai. Sy het ingestem: “Moenie stop nie. Jy sal ‘okay’ wees.”

Twee sekondes nadat die lig rooi geword het, het ek flikkerende rooi ligte in my truspieël gesien. Die beampte het my afgetrek en vir my ‘n boete geskryf vir die verontagsaming van ‘n rooi lig.

Ses maande later in die hof (ek het besluit om die kaartjie te betwis), het ek getuig en gevoel dat dinge goed gaan.

Net voordat ek uit die beskuldigde bank ontslaan is, het die regter teruggedraai, “Ek wil jou iets vra voordat jy gaan sit.”

“Ja meneer?”

“Vroeër,” het hy gegryns, “het jy gesê jy dink jou bande was oor die streep.”

Ek het gesluk, “Ja.”

“Hoe seker is jy?”

“Redelik seker. Ek bedoel, ek is amper positief.”

Hy het sy kneukels op sy geplooide ken laat rus.

“Jong dame, ek kan nie beslis ten gunste van iemand wat dink hulle is redelik seker dat hulle amper positief is nie.”

Dit was die einde. Ek is skuldig bevind aan die verontagsaming van ‘n rooi lig, moes ‘n boete betaal, vir defensiewe bestuursklasse gaan, en daardie beampte het met leuens weggekom. Hy het my beskuldig en gewen.

Liewe vriendin, die wêreld gaan jou van allerhande dinge beskuldig. Jou baas kan jou vertel dat jy verkeerd is, jou vriendin mag noem dat jy nie genoeg saak maak nie, jou kêrel mag sê jy is nie goed genoeg nie en jou eie gedagtes mag jou probeer oortuig dat jy nooit genoeg kan doen nie.

Maar God sê met Hom is jy meer as genoeg.

God sê jy is …

VERGEWE Romeine 3:24

NUUT GEMAAK 2 Korintiërs 5:17

KOSBAAR 1 Korintiërs 6:20

GELIEFD Efesiërs 1:4

VRYGEMAAK Romeine 8:1-2

HEILIG Hebreërs 10:10

WAARDIG Efesiërs 2:10

‘N OORWINNAAR Johannes 16:33

As ons met die Waarheid gevul wil word, moet ons ruimte daarvoor maak in ons gedagtes. Vriendin, kom ons gooi die gemors uit en neem die Waarheid in.

Wanneer jou gedagtes wik en weeg in daardie tussen-in ruimte, kan jy altyd seker wees dat een ding waar is – God se Woord oor jou. Kom ons gryp die Waarheid in plaas van die leuens in alle areas van ons lewens aan.