UNSTUCK-webinaar

Tema - UNSTUCK

Voel jy geskok, bang en angstig oor die reuse ontwrigting en verandering wat jou tans in die gesig staar?

Verandering is ’n onvermydelike deel van die lewe. Dit gebeur met almal. As jy nie bereid is om daarby aan te pas nie, kan jy nie gelukkig wees nie.

Om vasgevang te word in ‘n groef is maklik, maar dis jóú keuse of jy daar gaan bly of nie.

Is jy gereed om uit die groef te kom en weer te begin lééf?

Ons gratis UNSTUCK-webinaar kan jou help – dit sal jou hoop gee, bemoedig en toerus met praktiese wenke vir jou lewe.

Aangebied deur Finesse Voelgoed Tydskrif
en 14 topklas sprekers

SATERDAG 29 AUGUSTUS
Sessie 1 09:00-12:00
Sessie 2 13:00-16:00

REGISTREER!

Alhoewel dit ’n aanlyn werkswinkel is, is daar slegs beperkte plekke beskikbaar!

GRATIS-
registrasie

GRATIS-REGISTRASIE:
* Gratis R99
* Registreer tot Donderdag
27 Augustus om 12:00

14 topklas sprekers

Program

Sessie 1, 09:00-12:00

Lynette Beer, verhoudingskenner Dit is amper onmoontlik om positiewe resultate te kry met negatiewe denke. Jy moet negatiewe gedagtes stop en met positiewes vervang.

Bill Price, lewensafrigter Maak ’n lys van jou sterkpunte en onthou dat jy tot baie in staat is. Baie mense kelder hulle eie vordering, omdat hulle bang is of nie in hulleself glo nie.

Liesel Krause-Wiid, predikant Dalk het jy al soveel teleurstellings gehad dat jy totaal hulpeloos voel. Net jý kan dit verander. Deur elke dag meer hoopvol te leef…

Karien Basson, skakelbestuurder Dit wat ons lees, waarna ons kyk en waarmee ons op sosiale media besig bly, het ’n invloed op ons welstand. Raak ontslae van die negatiewe dinge in jou lewe!

Jannie Putter, motiveringspreker Positiewe ouerskap is om eerder ’n langtermynverhouding te bou waaruit jy en jou kind kan baat, as om die regte reëls en strafmaatreëls in plek te sit.

Lizanne du Plessis, ouerskapkenner Leer jou kinders dat daar nie hoogtepunte is, sonder laagtepunte nie. Jy kan ook nie bekostig dat vrees jou verlam nie, jy moet die beste maak van verandering!

Rianette Leibowitz, kommunikasiekundige Die internet is goed vir huiswerk, aanlyninkopies en om in kontak te bly met vriende. Omdat ons in ‘n digitale era leef, is dit egter belangrik om aanlyn veilig te wees.

Sessie 2, 13:00-16:00

Susan Coetzer, motiveringspreker As jy wil vorentoe beweeg, moet jy jou lewe goed in oënskou neem. Jy moet tyd opsy sit om oor jou lewe na te dink (al moet jy dit inpas tussen jou ander prioriteite).

Rouchelle Liedemann, TV-aanbieder Wat sê jy vir jouself voordat jy ’n risiko neem of iets nuut aanpak? Wat keer jou om na die volgende vlak te beweeg? Maak só plek vir meer geluk, liefde en lig in jou lewe!

Gustav Gous, lewensafrigter Ons moet leer om aan te pas by nuwe omstandighede en aan te beweeg, om eienaarskap daarvan te vat en probleme te verwerk. Maar dit gebeur nie oornag nie. Dit vat tyd.

Catherine van Heerden, sielkundige Blywende persoonlike verandering gebeur nie oornag nie. ʼn Denkproses om jou uit jou groef te kry is noodsaaklik om vorentoe te beweeg en ʼn positiewe transformasie te ondergaan.

Wouter Snyman, sakeman Die wêreldwye ekonomiese krisis gaan nog vir baie jare huishoudings beïnvloed. Dit is belangrik om ’n plan te hê en om seker te maak dat jy jou geld op die regte dinge spandeer.

Carina Fourie, dieetkundige Dit is maklik om gewig op te tel as jy minder het om te doen of nie nodig het om in ’n spesifieke denim te pas nie. Vind uit waar jy moet begin om gewig te verloor…

Janine Truter, predikant Jou doel in die lewe het nie noodwendig te doen met jou werk of verantwoordelikhede nie. Dit is nodig om jou lewensdoel te verander as dit jou nie meer inspireer nie.

NAVRAE

Stuur ‘n epos na [email protected] of bel 016 018 0243 (Kantoorure)
V&A