Vadersdag

0
600
Vadersdag

Iemand het eenkeer gesê dat dit natuurlik baie maklik is om ‘n vader te word, maar dit is baie moeilik om ‘n vader te wees.

Dit is Sondag Vadersdag.

Iemand het eenkeer gesê dat dit natuurlik baie maklik is om ʼn vader te word, maar dit is baie moeilik om ʼn vader te wees. Dit is inderdaad so, want om ʼn goeie pa te wees, vra dat jy iets van jouself moet gee.  

Maar as ons kind van God is, het ons ʼn wonderlike Pa in Hom. Hy wil vir ons ʼn Vader wees, en soos dit vir ʼn aardse pa lekker is om vir sy kinders te sorg, so wil ook God vir sy kinders sorg. Paulus skryf in Romeine 8:15 Julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader.

God wil ook vir jou ʼn Vader wees!

DEEL
Vorige artikelBoelies in die lewe
Volgende artikel‘n Wonderlike getuienis
Hennie Stander
Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog.