Vakansie aktiwiteite vir besige kinders

0
100
vakansie

Dis skoolvakansie en yskoud buite. Jy moet werk toe, en jy kan jou net indink watter kattekwaad jou kinders by die huis aanvang. Hier is die oplossing…

Dis skoolvakansie en yskoud buite. Jy moet werk toe, en jy kan jou net indink watter kattekwaad jou kinders by die huis aanvang. Hier is die oplossing…

Dis tog lekker om jou kinders by die huis te hê, maar dis nog beter as ouboet vir sussie besig hou met ’n legkaart. Hier is oulike maniere om seker te maak jy hoor nie heeldag: “Mamma… ek is verveeld” nie.

1. Springmillies en die nuutste fliek tuis

Dis altyd lekker om snoesig voor die televisie te sit, veral as jy uiteindelik tyd kry om daardie fliek te kyk waaroor almal gons. Laat die kinders sommer ’n familiebed in die sitkamer maak en verras hulle met tuisgemaakte springmielies

2. Bak ʼn heerlike sjokoladekoek

Wie sal nou nee sê vir ʼn stukkie sjokoladekoek? Boetie en Sussie kan sommer vir Mamma help bak. Dis die ideale geleentheid om tyd saam met jou kinders te spandeer. Probeer sommer Hanlie Retief se heerlike tjoklitkoek.

3. Hou springtou-resies

Uiteindelik word dit bietjie warmer buite. So gryp gou ʼn springtou en kyk wie kan die vinnigste van een punt na ʼn ander toe spring. Die kinders sal verbaas wees om te sien dat jy nie so onfiks is soos wat hulle gedink het nie.

4. Bou saam ʼn legkaart

Wanneer jy bietjie stilte in die huis nodig het, is ʼn legkaart net wat jy nodig het om onder die kinders se neuse te sit. Deesdae kry ʼn mens die mooiste legkaarte, en wanneer julle uiteindelik daarmee klaar is, kan jy dit raam en sommer in die kinders se kamers ophang.

5. ʼn Fotosessie saam met jou klein prinsessie

Dogtertjies is mal daaroor om mooi aan te trek, veral wanneer hulle ma se krale mag dra en kans kry om in jou grimering in te vaar. Dis tog te dierbaar. Maak seker jy het jou slimfoon byderhand en laat sy sommer glimlag vir ʼn paar foto’s. Neem só mooi foto’s van jou kinders.

 lyn_3.png

WEN!
Wen ʼn “slimboks” propvol speelgoed-aktiwiteite vir jou kinders. Die hele gesin kan selfs saamspeel.
SMS “WEN” + “JENGA” en jou e-posadres na 33282 (R1.50 per SMS)

Kompetisie sluit 20 Julie 2015.

Kompetisiereëls:

1. Kompetisie sluit 20 Julie 2015.
2. Wenners sal deur ’n trekproses gekies word.
3. Wenners sal per foon of per e-pos in kennis gestel word.
4. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
5. Die prys kan nie verruil word nie
6. Personeellede van Virseker, Caxton, Carpe Diem Media, hulle besigheidsverwante en advertensiemaatskappye en hulle direkte families sal nie vir die prys oorweeg word nie.
7. Deur deel te neem aan die kompetisie stem jy in om in die toekoms korrespondensie van www.voelgoed.co.za te ontvang.