Varkvleisroerbraai

0
94
roerbraai_resep.jpg

Eet elke dag smullekker kos wat nie die skaal sal seermaak of jou sal laat skuldig voel nie.

Genoeg vir 4
Tyd: 30 minute

BESTANDDELE
30 ml plantaardige olie
400 g varkvleis, in blokkies gesny
1 knoffelhuisie, fyngemaak
sprietuie, in skyfies gesny
gemmer, gerasper
30 ml sojasous
30 ml oestersous
60 ml kasjoeneute
gaar rys, vir opdiening

METODE
1 Verhit ’n wok of groot braaipan, voeg die olie by en braai die varkvleis bietjies-bietjies. Haal uit die pan en hou eenkant.
2 Plaas die knoffel, sprietuie en gemmer in die pan en braai vir 2 minute. Plaas die varkvleis terug in die pan. Giet die sojasous en oestersous oor en voeg die kasjoeneute by.
3 Sit voor met rys.

Deur Leila Saffarian bygestaan deur Nomvuselelo Mncube. Foto: Roelene Prinsloo