Vasbyt-blommetjies

Kinders van Daddy-God
Sê Abba
Ek weet dis vir julle so moeilik om te verstaan
Maar Ek is rerig vêr by wow en awesomeness verby

Vêr kind
Baie vêr
Hulle soek nou nog na My
Kon My nou nog nie vind

Dis geensins sê Daddy
Dat Ek nie wil hê hulle moet My kry
Nee kind dis net dat vêr-verby-wonderlik
Nie reg aan My laat geskied

Ek wonder sê Daddy-God
Ek wonder so baie
Sal daar mense begin opstaan wat sê
Ons glo God

Ons glo dat wat Hy sê die waarheid is
Ons glo dat ons Hom kan vind
Net soos wat ons is
Slegs omdat Jesus vir ons die prys betaal het

Oe kinders
Sê Daddy
Daar’s te veel van julle
Te veel wat My nog met werke wil beindruk

Kinders is dit nie genoeg
Wil Daddy-God weet
Is dit nie genoeg
Dat mense dink dit is wat Ek wil hê

Kinders sê Daddy
Julle is so so verkeerd
As julle net aldag en heeldag wil preek
Jy moet perfek in al jou doen en late wees

Kinders dis nie wie Ek is sê Daddy
Dis glad nie wie Ek is
Kinders wie My ken
Hulle weet dis nie so

Ek verwag nie julle perfeksie nie kinders
Ek verwag julle oorgawe wat sê
Hart, siel en verstand
U kan alles maar kry

Sien kind
Ek verwag daai oorgawe
Sê Daddy-God
Wat niks van jouself meer vir jouself kan hou

Total surrender
Liefste kind
Of beautiful surrender
Soos mense deesdae sing

Kinders
Dit bly vir My so die ultimate
Kinders wat My net in alles ken
En so graag wil hê dat Ek deel van hulle alles sal wees

Dis soos total unity kind
Dit is soos harte
Wat ritmies
In gelid klop

Dis so graag sê Daddy
My kind
Dis so so graag
Hoe Ek dinge tussen ons wil hê

Ek wil nie hê liefste kind
Dat alles tussen ons
Koud, klinies en vol prosedure moet bly
Nee Ek soek jou warm liefde, jou ware oorgawe.

Die volle posstuk kan jy hier lees: https://ankervanhoop.com/2017/11/16/vasbyt-blommetjies/