Verander jou oefen roetine vir beter resultate

0
29
oefening_.jpg

Is jy geneig om week-in-week-uit dieselfde oefenprogram te volg? Dan sal jy seker ook vind dat jy stagneer en nie meer die goeie resultate kry soos voorheen nie.

Hoe meer jy ’n aktiwiteit doen hoe meer raak jou liggaam daaraan gewoond en hoe minder kalorieë verbrand jy met daardie aktiwiteit. As jy bietjie vuur wil aansteek onder jou metabolisme probeer gerus cross-training.

Byvoorbeeld, as jy gewoonlik stap, gaan ry fiets, of in plaas van elke dag draf, vervang twee drafsessies per week met ’n spinning-klas en twee keer per week ’n sessie met ligte gewigte.

Omdat dit weer ander spiere is wat jou liggaam gebruik, sal jy meer kalorieë verbrand. Ook nà die oefensessie sal jy aanhou om meer energie te verbrand omdat jou liggaam harder moet werk om te herstel. Dit sal lei tot ’n verhoogde metabolisme.

Geskryf deur Linda Kriel Prinsloo