verbrand 420 kilojoules – terwyl jy klets!

0
14

Volgende keer as die foon lui, staan gou op voordat jy dit antwoord. Dis ’n maklike manier om ongemerk meer kilojoules te verbrand, sê persoonlike afrigter Kevin Asuncion. Om te staan laat jou spiere saamtrek en beweeg, wat beteken jy gebruik energie. As jy vir net 10 minute elke uur tydens jou werksdag van agt uur opstaan, verbrand jy ’n ekstra 420 kilojoules. As jy met ’n vriendin oor jou selfoon gesels, loop heen en weer terwyl jy praat (maar nie as jy in die openbaar is nie), en jy sal nog 420 kilojoules tydens jou 30 minute-opvangsessie verbrand! Maklik, nè?