Verbrand kilojoules sonder ‘n oefenprogram

0
15
Untitled-1.png

Is jy te besig om ’n “ordentlike” oefenprogram te volg? Of is daar dae wat jy net nie daarby uitkom nie? Hier is wenke om fiks te bly sonder oefening.

Sien vandag geleenthede raak om meer aktief te wees, maak jouself moeg met alles wat die dag bied! As jy nie tyd het om vandag by die gym uit te kom nie, moenie druk op jouself plaas nie, maak net seker dat jy die hele dag deur AKTIEF is. Elke bietjie oefening help. Ek het op die oomblik ’n heupbesering en moet geen draf/stap oefeninge doen nie, maar ek sorg dat ek steeds my spiere ferm hou deur kort-kort deur die dag ’n stel lunges of squats vir die bobene te doen en sommer my arms ook saam te oefen. ’n Mens moenie dat beserings of werksdruk jou oefenprogram kelder nie. Verander net die oefeninge om aan te pas by jou omstandighede.

  • Oefenwenk vir bobene, boude en arms: Buig jou bene (squat) en tel iets op soos blikkies kos of gewiggies. Wanneer jy regop kom, stoot dit bo jou kop uit. Hurk weer af om dit neer te sit. Wanneer jy hurk, stoot jou boude uit asof jy op ’n stoel wil sit. Doen so 3 stelle van 10 – 15 deur die loop van die dag.


Geskryf deur Linda Kriel