Verbrand soveel kilojoules met oefening

0
42
springtou.jpg

Ons wil almal weet; watter oefeninge moet jy doen om gewig te verloor? Is een tipe oefening beter as ander of gaan dit op die ou end eintlik oor metabolisme?

Om ’n halwe kilogram per week af te skud moet jy ongeveer 15 000 kilojoules meer as gewoonlik  verbrand. Die hoeveelheid kilojoules wat ‘n mens tydens ’n aktiwiteit verbrand hang af van hoeveel jy weeg. ’n Persoon wat 50 kg weeg sal minder kilojoules verbrand met ’n sekere aktiwiteit as ’n persoon wat 80 kg weeg. ’n Goeie manier om ekstra kilojoules te verbrand, is om vir langer te oefen.

Die tabel gee ’n aanduiding van hoeveel kilojoules ’n persoon wat 70 kg weeg verbrand:

Aktiwiteit

Kilojoules verbrand

Fietsry @ 20 km/uur

1 700 kJ per uur

Draf @ 9 km/uur

3 000 kJ / uur

Springtou

3 100 kJ/uur

Swem @ 45 m/minuut

2 000 kJ/ uur

Tennis (enkel)

1 700 kJ/uur

Stap @ 7,5 km/uur

1 800 kJ/uur

Let wel: Dit gaan egter nie net oor die kilojoules wat jy verbrand tydens oefening nie, maar hou in gedagte dat oefening jou metabolisme verhoog deurdat dit jou spiermassa verhoog. Dus verander jy jou liggaam in ’n vetverbrander in plaas van ’n vet stoorder.

Geskryf deur Linda Kriel

Volg Linda op Twitter by @linda_kriel