Verbrand tot 40 % meer vet!

0
82
loop.jpg

Dit is deesdae my gunsteling manier om vet te verbrand! Die program begin met ’n aërobiese oefening, afgewissel deur ’n anaërobiese oefening.

Wisseloefening-program (interval training)

*Onthou om eers op te warm voor jy begin.

Beginnersvlak Middelvlak Gevorderde vlak
1. Stap op die plek – 1 minuut 1. Stap op die plek – 2 minute 1. Draf op die plek – 3 minute
2. Touspring – 20 sekondes 2. Touspring (stadig) – 1 minuut 2. Touspring (matige tempo) – 2 minute
3. Stap op die plek – 2 minute 3. Draf op die plek – 2 minute 3. Draf op die plek – 2 minute
4. Touspring – 30 sekondes 4. Touspring – 1 minuut 4. Touspring (matige tempo) – 2 minute
5. Stap op die plek – 3 minute 5. Draf op die plek – 2 minute 5. Draf op die plek – 2 minute
6. Touspring – 40 sekondes 6. Touspring (vinnig) – 30 sekondes 6. Touspring (vinnig) – 1 minuut
7. Stap op die plek – 2 minute 7. Stap op die plek – 1 minuut 7. Draf op die plek – 2 minute
8. Touspring – 30 sekondes 8. Touspring – 30 sekondes 8. Touspring (vinnig) – 1 minuut
Doen die hele program 2 keer Doen die hele program 3 keer Doen hele program 3 keer
Totaal: 20 minute Totaal: 30 minute Totaal:  45 minute


WENKE

  • Aërobiese sessie: stap of draf op die plek, maar jy kan ook jou oefenfiets, trapmeul of ’n soortgelyke aërobiese oefenapparaat gebruik vir dieselfde aantal minute wat op die program aangedui is.
  • Anaërobiese sessie: as jy nie ’n springtou het nie, kan jy op die plek draf (beginners), vinnig op die plek hardloop (middelvlak) of vinnig hardloop met knieë hoog gelig (gevorderde vlak). (Gebruik armbewegings om jou harttempo te laat styg.)
  • As jy met ’n harttempomonitor oefen: Begin eers die tyd neem sodra jou harttempo in sone is vir die aërobiese sessie en sodra jou harttempo bó jou kardio sone is vir die anaërobiese sessie. Die tyd wat jou harttempo neem om in of bo jou sone te styg, word nie getel nie.
  • Jy kan ook wisseloefeninge doen terwyl jy fietsry. Byvoorbeeld: trap teen ’n redelike pas vir 3 minute en wissel dit af met vinnig trap (of ’n heuwel uitry) vir 1 of 2 minute.
     

Geskryf deur Linda Kriel
Volg Linda op Twitter by @linda_kriel