Verdagte brief aan Obama

0
11
obama.png

ʼn Verdagte brief, wat aan pres. Barack Obama geadresseer is, en onderskep is, het ʼn “verdagte middel” bevat. ʼn Woordvoerder van Amerika se geheime diens het dit Woensdag bekend gemaak. Die brief het positief getoets vir risin, wat ʼn mens binne 36 ure kan doodmaak. Die FBI sê dat hierdie voorval nie noodwendig verband hou met Maandag se bomontploffings in Boston nie.

Obama maak natuurlik nie sy eie briewe oop nie. Hy het mense wat sy briewe oopmaak. Sou daar ʼn briefbom wees, dan is dit een of ander onbekende en gewone mens wat sterf, en nie die president self nie. Dit is beter vir die land as vier of vyf amptenare in die posafdeling deur ʼn briefbom sterf, as wat die president sterf.

Dit is dan wat ʼn mens besef dat Jesus so andersom werk. Ons lees in Johannes 11:49-50: Een van hulle, ’n sekere Kajafas, wat daardie jaar hoëpriester was, het egter vir hulle gesê: “Julle verstaan niks, en julle besef ook nie dat dit tot julle voordeel is dat een man vir die volk sterwe en nie die hele nasie verlore gaan nie.”

Koning Jesus het besluit dit is beter dat Hy namens ons sterf, as wat ons namens Hom sterf. Hy as God en as Koning het verkies om in ons gewone mense se plek te sterf sodat ons verhouding weer met God herstel kan word! Dit is hoekom ons Jesus dankbaar moet wees