Vergeef en wees vry

Liefste kinders
Ek weet daar is baie seer in hierdie wêreld
Daar word baie seer My kinders aangedoen
Tog liefste kinders sal julle asseblief vergeef?

Sal julle kies om te doen
Dit wat Ek in My Woord van julle vra
Sal julle kies om te bly gehoorsaam
Al wil die vlees iets anders van jul vra?

Ek weet dis ongelooflik moeilik
Om die woede in julle harte te laat vaar
Party mense verdien dit
Hulle verdien al die swaar wat hulle kan kry

Maar liefste kinders
Dis nie My hart vir julle mense nie
Ek weet wat onvergifnis en bitterheid aan mense doen
Die mensehart is nie daarvoor gemaak

Moet nie goed teen mense hou nie
Al verdien hulle dit
Moenie dit doen nie sê Abba
Dit is nie My hart nie

My hart is om te vergeef
My hart is om vry te spreek
My hart is om mense te laat gaan
Want dit is wat hulle terugbring sê Hy

Dit is wat hulle terugbring na My
Dit is wat Ek gebruik
As hulle sien hoe My kinders
Waarlik My voorbeeld gebruik

Liefste kinders dis hoekom Ek vra
Kom ons verander hierdie wêreld vir julle Koning
Kom ons wys hulle wie weet van beter
Wie is rerig in beheer

Vergeef die mense wat julle seergemaak het
Sê Vader
Van lank terug en ook nou
Begin vir hulle bid en begin hulle seën

Ja liefste kinders met julle opregte gebede
Kan julle soveel dinge draai
Begin bid vir hierdie wêreld
Begin bid vir alles wat nie is van My

Dis hoe Ek dit verander
Deur julle wat bid
Sê Abba-God
Sal julle liefste kinders, sal julle asseblief bid?

Ek weet dit is somtyds moeilik
Ek weet dis moeilik om My wil te doen
Maar liefste kind dis hoekom jy kan vra
God kom asseblief my swakheid te hulp

Ek wil julle help
Ek is altyd naby om julle te help
As julle net sal kies om My wil te doen
Bo oor die van jou.

(So paar versies … Efesiërs 4:32, Romeine 12:19, Hebreërs 12:15, Mattheus 18:21-22, Mattheus 6:14-15, Mattheus 6:12, Lukas 23:34)

Vorige artikel‘n Ma en meriete aande
Volgende artikelOor nou
Blogger - Letitia Pienewald
Letitia Pienewald is ‘n doodgewone mens wat die wonder van hartsintimiteit met God ontdek het en ander graag help om dit ook te vind. Daar was ‘n honger in my hart na meer van Jesus en toe vra ek Hom vir meer. So is die blogs King of Kings en Anker van Hoop gebore. Ek het begin om gediggies van God neer te skryf maar dis nou al veel meer. Dis ‘n voorreg om my pad saam met die Here met julle te deel. ‘n Gebed is dat my en jou bewondering vir God altyd nuut en vars sal bly. Verder is ek lief vir die lewe en so dankbaar vir genade en hoop, waarsonder ek nie kan nie.