Vergeet Van Ligging – Dit Gaan Oor Houding!

144
van gewoon na uitsonderlik

Gepynigde en benoude mense is mense wat die kruin van negatiwiteit bereik het. Dit oorskadu hul optrede en gesonde oordeel.

Is jy ’n gepynigde en benoude denker? Glo jy dat jou omstandighede voorskryf of jy ongelukkig is of nie? Kom ons kry perspektief om hierdie lokval te vermy.

Selfmoord en familiemoord is ’n wrede werklikheid. Wat dryf iemand só ver? Is hulle omstandighede soveel anders as ander mense s’n? Nee – die verskil lê in hulle houding.

Viktor Frankl, ’n oorlewende van ’n Nazi-konsentrasiekamp, het gesê: “Alles kan van ’n man weggeneem word, behalwe een ding: die laaste van die menslike vryhede – om jou houding te kies in enige omstandighede, om jou eie pad te kies.” Hy het gekies om op die skoonheid van die sonopkoms te fokus, eerder as op die hopeloosheid van sy situasie.

Nick Vujicic is sonder arms en bene gebore – aaklige omstandighede. Hy het egter gekies om ’n oorwinningshouding te hê. Ondanks sy omstandighede reis hy die wêreld plat as motiveringspreker en inspireer hy mense met sy positiewe houding.

Niemand het gesê dis maklik nie, maar kyk bietjie na jou eie omstandighede. Het jy regtig ’n verskoning om ’n negatiewe houding te hê?

Kliek hier vir meer artikels deur Kobus.

Hoe om te wen in besigheid Van gewoon na uitsonderlik

In 200 stukkies wat jy oor 40 weke – elke werksdag – kan deurwerk, gee Kobus Neethling vir jou alles wat jy nodig het om weer lus te wees vir dit waarmee jy jou salaris verdien. Elke stukkie is geskryf in alledaagse, verteerbare taal. Die inhoud is boonop so ontwerp dat die daaglikse stukkie jou net vyf minute sal neem om deur te gaan.

R159 R199