vergeet wat ander sê!

0
16
vergeet_wat_ander_se.jpg

Ons grootste struikelblokke is die dinge wat ons vir onsself vertel. Dit kan wissel van “ek kry dit in elk geval nie reg nie, so ek kan netsowel opgee” tot by “net nog die een, niemand sal weet nie.”

Intussen vergeet jy dat jy uiteindelik met jouself moet saamleef en met dit wat jy kies om te doen.

Ons is so geneig om te meet of ons oukei is op grond van wat ander van ons dink. Begin dit eerder meet aan wat jý dink! Word dus eerstens en bo alles verantwoordelik aan jouself. Jy moet gló en wéét dat jy dit gaan regkry, nie gaan opgee nie en dat dit werklik saak maak wat jy doen en weet, vir jou!