Vergifnis maak jou eie hart ligter
- #StilwordSondag
- Mandi Baard
Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. (Efesiërs 4:32)
Daar is min dinge wat so moeilik is soos om te vergewe. Tog word dit baie duidelik van ons verwag! God wil ons nooit straf nie … Wanneer Hy in sy Woord vir ons sê om iets te doen al dan nie, is dit juis om ons harte te beskerm.
Om onvoorwaardelik te vergewe is om nie te wag vir daardie jammer nie, want jy mag dit moontlik nooit kry nie. As ons wag vir ’n jammer, of ’n gesprek of selfs ’n gesindheid wat nooit gaan gebeur nie, broei daar ’n kiem binne ons wat groter word en ons eie harte naderhand vergiftig. Op die ou einde word ONS die gevangenes.
Matthew West beskryf dit in sy liedjie, “Forgiveness”, so mooi: “The prisoner that it really sets free, is you.” Ja, soms “verdien” die ander persoon nie jou vergifnis nie. Maar dis nie waaroor dit gaan nie, want wat verdien ons werklik? En as jy aan die ander kant van die draad staan, sou jy nie daardie vergifnis wou ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Wie onderrig in die wind slaan, gee nie om vir homself nie; wie op ’n teregwysing ag slaan, kry insig. Om die Here te dien, ...
Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. (Efesiërs 6:18) Dit ...